Regering maan landsburgers om waaksaam te wees met aanlyn aankope van goedere of dienste
- 90.6 FM News
- Aug 14, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die regering versoek landsburgers om waaksaam te wees wanneer hulle goedere of dienste aanlyn koop en om slegs op webtuistes te koop wat aan hulle bekend is. Die woordvoerder van die regering, Nomonde Mnukwa, sê daar bestaan moontlike risiko’s wanneer iemand aanlyn koop en verkoop. Misdadigers buit digitale platforms uit en bedrieg en skaad niksvermoedende individue. Aanlyn swendelary gebeur gewoonlik wanneer iemand voorgee hulle is wettige verkopers, hetsy met ‘n vals webtuiste wat soos ‘n wettige handelaar lyk of ‘n vals advertensie op die webtuiste van ‘n werklike kleinhandelaar.
Comments