VAALDRIEHOEK - Reisigers van die Vaaldriehoek word in kennis gestel dat die Grensbestuursowerheid die bedryfsure van verskeie grensbeheerpunte verleng in die lig van die groter verkeersdruk wat oor die Paasnaweek by sekere grensposte verwag word. Die kommissaris van die owerheid, Mike Masiapato, het aan die vooraand van die langnaweek in Pretoria gesê hulle sal vier-honderd bykomende junior grenswagte by dié grensposte ontplooi om met wetstoepassing te help. Die junior wagte ontvang tans opleiding by kolleges. Masiapato sê hul ontplooiing sal terselftertyd as indiensopleiding dien vir die verskeie dienste wat hulle moet verrig.
Die Grensbestuursowerheid sê ook hawegesondheidspesialiste sal siftings uitvoer op reisigers vir aansteeklike siektes, wat vereis mense vanuit gebiede waar geelkoors endemies is, moet 'n geldige sertifikaat hê. Dit sluit in om te verseker vervoer vanaf sulke gebiede word ontsmet. Reisigers wat tekens van siektes toon, word aangeraai om by gesondheidsgeriewe aan te meld. Die kommissaris, Michael Masiapato, het op 'n nuuskonferensie oor die Paasfees-bedrywighede gepraat, en sê hawe-gesondheidsbeamptes vorm steeds deel van reaksiespanne wat aandag gee aan die vroeëre cholera-uitbreking.
Opmerkingen