top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Rossini Boulevard weer oop vir verkeer na ernstige ongeluk

OPDATERING OM 13:49: Vaal Verkeer het bevestig dat die pad weer oop is vir verkeer. Die organisasie sê hy is verbied om enige verdere inligting te deel. Die nuusspan verstaan dat twee hoërskool seuns in die botsing betrokke was, maar sal meer inligting deel sodra bevestigde inligting vanaf betroubare bronne beskikbaar is. BREKENDE NUUS: Vaal Traffic het Vanderbijlpark motoriste wat vandag op Rossini Boulevard reis aangemoedig om van alternatiewe roetes gebruik te maak. Volgens die verkeersorganisasie was daar ‘n ernstige ongeluk op die pad naby Mardo Fotos. Die organisasie sê verskeie beserings is aangemeld in die ongeluk wat omstreeks 11:25 vanoggend plaasgevind het. Die nuusspan verstaan daar het ook sedertdien ‘n helikopter op die pad geland. Vaal Traffic het motoriste aangemoedig om die pad eerder te vermy en veilig te wees. FOTO: (Google Maps)


17 views0 comments

Comments


bottom of page