top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

RTMC se aanlyn lisensiehernuwings-portaal toon fenominale groei

VAALDRIEHOEK - Die Padverkeerbestuurskorporasie sê die aanlyn voertuiglisensiehernuwings groei vinnig en geniet openbare vertroue. Die diens is in Februarie 2022 ingestel om tyd vir motoriste te bespaar en doeltreffendheid te verbeter. Sedertdien het 1,41-miljoen voertuigeienaars geregistreer en transaksies op die portaal afgehandel. Mense ouer as 60 hoef nie te bespreek nie. Die woordvoerder van die korporasie, Simon Zwane, sê hulle kan sonder vooraf bespreking na enige bestuurslisensietoetssentrum gaan en sal gehelp word.

FOTO: (Verskaf)


7 views0 comments

Comments


bottom of page