top of page
Search

SA se werkloosheidskoers daal effens tot 32,6%

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika se werkloosheidskoers was effens laer in die tweede kwartaal van vanjaar. Volgens Statistiek SA se kwartaallikse arbeidsmag-opname het die aantal werkende mense van April tot Junie met 154,000 tot 16,3-miljoen toegeneem. Dit het die amptelike werkloosheidskoers met 0,3 van ‘n persentasiepunt laat afneem tot 32,6%. Konstruksie, handel en gemeenskaps- en maatskaplike dienste het die grootste werkswinste aangeteken. Verliese is aangeteken in vervaardiging, finansies, vervoer en nutsdienste. Limpopo, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal het die grootste groei in werksgeleenthede aangemeld.

FOTO: (News24)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page