top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

SA Weerdiens waarsku oor baie warm toestande nog tot môre

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ‘n langdurige hittegolf duur vandag oor verskeie streke voort. Die weerdiens het sy hittegolfvoorspelling in Gauteng tot Dinsdag verleng. Dit is baie warm in Gauteng, die Oos-Kaap, die Vrystaat en die Noord-Kaap. Sommige dele van Gauteng ervaar sedert verlede week hoë temperature, teen meer as 30 grade. Die warm weerstoestande sou die naweek tot ’n einde kom, maar die weerdiens het gesê Gautengers sal nog ’n rukkie verder met die hitte te kampe hê. Voorspeller Puseletso Mofokeng het gesê hoewel sommige gebiede gedeeltelik bewolk is, is dit steeds uiters warm. Die weerdiens waarsku verder teen ‘n verhoogde risiko van veldbrande weens uiters gevaarlike toestande vir brande in Limpopo, die Oos-Kaap, die Wes-Kaap en die Noord-Kaap. Vaaldriehoek en ander geaffekteerde inwoners word sterk gemaan om vloeistof in te neem, langdurige blootstelling aan die intense hitte te vermy, waaksaam te wees en te hou by die advies van plaaslike owerhede.

FOTO: (Verskaf)


7 views0 comments

Comments


bottom of page