top of page
Search

Saftu bekommerd oor hoë brandstofpryse

VAALDRIEHOEK - Die vakbondfederasie SAFTU is bekommerd dat die agste agtereenvolgende brandstofprysstyging lewenskoste sal verhoog en die werkersklas negatief sal beïnvloed. ʼn Woordvoerder, Trevor Shaku, sê die jongste verhoging beteken die prys van loodvrye 93-oktaan petrol het sedert Januarie vanjaar met R4,12 gestyg, en dié van 95-oktaan met R4,28. Hy sê diesel en lampolie is ook aansienlik duurder.

Intussen is die DA bekommerd oor die brandstofprysstygings en sê dit sal ‘n nadelige uitwerking hê op huishoudings wat reeds onder finansiële druk is. Die nasionale woordvoerder oor Finansies van die DA, Dion George, beklemtoon Suid-Afrikaners betaal nou meer as twee keer meer vir brandstof as tien jaar gelede. George sê ‘n DA-versoekskrif is deur 130,000 Suid-Afrikaners onderteken wat vra vir ‘n hersiening van die brandstofprysraamwerk. Hy voeg by hoë brandstofpryse benadeel ekonomiese groei.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments
A New Design (1) (1).jpg
bottom of page