top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Sakevertroue verhoog in die tweede kwartaal

VAALDRIEHOEK - Sakevertroue het in die tweede kwartaal van die jaar verbeter. Rand Merchant Bank en die Buro vir Ekonomiese Navorsing se sakevertroue-aanwyser het voor die verkiesing met vyf punte gestyg tot 35%. Dit beteken net meer as 'n derde van die deelnemers aan die peiling was tevrede met heersende saketoestande. Vertroue het in vier van die vyf subsektore van die aanwyser toegeneem. Isaah Mhlanga van RMB sê aansienlike beleggings en ekonomiese hervorming is nodig vir volgehoue vertroue en om groei aan te wakker.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments

Comments


bottom of page