top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Salarisdispuut in Emfuleni lei tot beslaglegging van munisipale voertuie

VANDERBIJLPARK - Dienslewering in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het gisteroggend ʼn verdere terugslag gehad toe die balju beslag gelê het op ʼn groot deel van die munisipaliteit se voertuigvloot. Volgens Gerda Senekal van die Vryheids Front is die beslaglegging die gevolg van munisipale amptenare se dispuut met Emfuleni oor hul salarisse. Amptenare op posvlak ses is na hoër posvlakke geskuif, maar die munisipaliteit beskik weens swak beplanning nie oor die fondse om die salarisskale aan te pas nie. Volgens Senekal is Emfuleni se finansiële penarie so groot dat hy skaars die basiese dienste kan lewer. Die munisipaliteit het ʼn werkloosheidsyfer van 56% wat veroorsaak dat sy inkomste veel minder is as waarvoor begroot is. Verskeie ondernemings het ook hul deure gesluit om finansiële redes of het verskuif na ander munisipaliteite waar beter dienslewering is. Dit beteken ook ʼn afname in munisipale inkomste. Senekal sê hierdie beslaglegging wys opnuut wat die gevolge is van die ANC se wanbestuur van die eens vooruitstrewende dorpe in die munisipaliteit.


9 views0 comments

Commentaires


bottom of page