top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

SARS verleng die sperdatum vir elektroniese registrasie vir Voedselvervaardigers.

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die sperdatum vir elektroniese registrasie by die Skema vir die Terugbetaling van Diesel vir Voedselvervaardigers tot Vrydag verleng. Die verlenging is toegestaan om ‘n seepgladde en meer gebruikersvriendelike registrasieproses vir alle aansoekers moontlik te maak. Die skema bied belastingverligting aan voedselvervaardigers wat diesel gebruik om tydens beurtkrag elektrisiteit op te wek, met die doel om die uitwerking op voedselpryse te beperk. Kwalifiserende vervaardigers kan na goedkeuring aansoek doen vir die terugbetaling van eise terugwerkend tot 1 April vanjaar. Dokumentasie moet vir vyf jaar bewaar word.



7 views0 comments

Comments


bottom of page