Sasol en Transnet se vyfjaar-vennootskap sal spoorvervoer se betroubaarheid versterk
- 90.6 FM News
- Mar 1, 2024
- 1 min read
SASOLBURG - Die Kabinet verwelkom Sasol en Transnet se privaat-openbare vennootskap om die betroubaarheid van spoorvervoer te versterk. Volgens die ooreenkoms sal Transnet-spoorvrag sy vloot van 128 ammoniak-tenkwaens gebruik om die gas te vervoer van Sasol se aanlegte na kliënte. In ruil daarvoor sal Sasol die onderhoud- en herstelprogram van die vloot oor vyf jaar finansier. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê die vennootskap is belangrik in die vraglogistiek-padkaart, met 'n verwagte positiewe uitwerking op beide maatskappye en die breër ekonomie.
Comments