Sasol gaan lading-gebaseerde vrystelling-beperkings instel op bedrywighede by Secunda
- 90.6 FM News
- Jul 30, 2024
- 1 min read
SASOLBURG - Die energie- en chemiese maatskappy, Sasol, is in kennis gestel dat konsentrasie-gebaseerde beperkings toegepas gaan word met die lading-gebaseerde beperking by sy bedrywighede in Secunda, Mpumalanga. Dit volg ná die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, se besluit om van April 2025 tot Maart 2030 swaeldioksied-vrystellings op ʼn alternatiewe ladingbasis te reguleer. Sasol sê hy gaan aansoek doen vir wysigings aan sy lisensie vir vrystellings in die atmosfeer om nakoming en wettige bedrywighede te verseker.
Commentaires