top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Sasol oorhandig drie boorgate aan gemeenskap om watersekerheid te verbeter

DENEYSVILLE - Sasol het Vrydag drie boorgate aan die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit en Vrystaatse departement van gesondheid oorhandig om watersekerheid in die Deneysville-omgewing te verbeter. Woordvoerder, Elsabe Ras, het in 'n verklaring wat aan 90.6 FM News gestuur is, gesê die boorgate is by die Refengkgotso-gemeenskapsentrum, die sportsentrum en die Deneysville-kliniek geboor. Ras sê hulle is toegerus met sonkrag- en waterfiltrasiestelsels en die water is gesertifiseer as veilig om te drink. Volgens Sasol Hoof van Gemeenskapsake, Thuli Mbuli, besef die maatskappy dat die versekering van watervoorsiening vir die toekoms nie 'n probleem uniek aan Suid-Afrika is nie, maar beslis 'n ernstige bekommernis vir baie mense wat in die gemeenskappe rondom Sasol se bedrywighede in Metsimaholo woon. Water word benodig om lewe te onderhou, maar dit speel ook 'n belangrike rol om mense veilig te hou aangesien dit vir persoonlike en voedselhigiëne gebruik word. Mbuli sê hierdie boorgate is van kritieke belang vir die sosio-ekonomiese sukses van die gemeenskappe rondom Sasol.

FOTOS: (Sasol)




4 views0 comments

Comments


bottom of page