top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Sasol skenk 375 komberse net voor koue front die Vaaldriehoek tref

SASOLBURG - Sasol sê net voor die eerste erge koue winterweer die Vaaldriehoek getref het, het die maatskappy 375 komberse geskenk aan 10 nie-regeringsorganisasies (NRO's) in Metsimaholo, Sasolburg, wat ondersteuning bied aan senior burgers en mense wat met gestremdhede leef. Sasol Hoof Gemeenskapsake, Thuli Mbuli, sê dit is welbekend dat koue weer geassosieer word met gesondheidsrisiko's soos verkoues, griep en selfs die oorsaak kan wees van mense wat val. Dit kan ‘n verwoestende uitwerking hê op bejaardes en mense wat met gestremdhede leef. Mbuli sê om komberse aan die NRO's deur Sasol se Winter Warm Drive te skenk, dra daartoe by om nie net van die kwesbaarstes in ons gemeenskap warm te hou nie, maar bied ook skuiling teen die gevare verbonde aan die winter. Die Sasol Winter Warm Drive vorm deel van Sasol se sosiale impak-programme wat werk om 'n positiewe en meetbare sosio-ekonomiese impak te skep, wat reageer op sleutel maatskaplike uitdagings in die gemeenskappe waar Sasol bedrywig is.

FOTO: (Sasol - Verteenwoordigers wat komberse van Sasol ontvang het namens 10 NRO's)


3 views0 comments

Коментарі


bottom of page