Sasol toon ‘n daling van 34% in sy halfjaarwins
- 90.6 FM News
- Feb 26, 2024
- 1 min read
SASOLBURG - Die Suid-Afrikaanse chemiese en energiemaatskappy, SASOL, het ‘n 34% daling in sy halfjaarwins aangemeld. Dié afname word toegeskryf aan swakker olie- en petrochemiese pryse asook hoër koste. Sasol is die wêreld se grootste produsent van brandstof en chemiese middels vanuit steenkool en gas. Die maatskappy se hooflynverdienste per aandeel was in die ses maande tot Desember verlede jaar R20,37 teenoor R30,90 die ooreenstemmende tyd in 2022. Sasol het ‘n dividend van twee-rand per aandeel verklaar, wat heelwat laer is as die vorige bedrag van sewe rand per aandeel.
Comments