top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Sasolburg CPF Voorsitter se gedenkdiens word Vrydag gehou

SASOLBURG - Wyle Sasolburg CPF Voorsitter, Johann Griessel, se gedenkdiens word hierdie Vrydag, 20 Oktober 2023, gehou. Hy het in die ouderdom van 56 gesterf na ‘n dapper poging om sy dogter uit ‘n skeurstroom in Hibberdine, KwaZulu-Natal, te red. Sy dogter het die voorval op 3 Oktober 2023 oorleef, maar haar verloofde, Colin Schreuder, het ongelukkig in dieselfde poging omgekom. Volgens die Sasolburg CPF se kennisgewing sal Griessel se gedenkdiens op 20 Oktober by die DP De Villiers Stadion in Sasolburg om 11:00 plaasvind. Die CPF sê dit is ‘n gedenkdiens om sy lewe te vier. Griessel, as voorsitter van die Sasolburg CPF, het onverpoosd gewerk vir die verbetering en veiligheid van sy gemeenskap, wat 'n betekenisvolle leemte met sy heengaan agterlaat.

FOTO: (CPF Sasolburg)


2 views0 comments

Comments


bottom of page