top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Sekere dele van Sasolburg is môre die hele werksdag sonder krag

SASOLBURG - Die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit sê sommige inwoners van Sasolburg sal môre vir die grootste deel van die dag deur 'n kragonderbreking geraak word. Die munisipaliteit het in ’n kennisgewing gesê dit is weens instandhouding van die munisipaliteit se substasie. Die onderbreking is geskeduleer vir Woensdag, 6 September, van 08:00 tot 17:00. Metsimaholo het inwoners gewaarsku om alle elektriese stroombane en toestelle ten alle tye as LEWENDIG te hanteer. Die munisipaliteit het om verskoning gevra vir die ongerief. ‘n DA-wykraadslid by Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, Jacques Barnard, het in reaksie op die kennisgewing meer besonderhede gegee en gesê dat slegs Riemland, Badrift, Taunus en Jan Smuts gebiede geraak sal word. Volgens Barnard gaan hulle skakeltoerusting by Park substasie herstel.

FOTO: (Metsimaholo)


1 view0 comments

Comentários


bottom of page