top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Solidariteit bepleit desentralisering in onderwys

VAALDRIEHOEK - Die vakbond Solidariteit het gewaarsku die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette kan openbare skole benadeel, wat moontlik tot hul agteruitgang kan lei. Die vakbond het tydens 'n voorlegging aan die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor Onderwys, kommer uitgespreek oor die voorgestelde wysigings aan taal- en toelatingsbeleide in die wetsontwerp. Hy vra gedesentraliseerde onderwys en ook die erkenning van ouers se belangrike rol. Johnell Prinsloo van Solidariteit waarsku indien ouers hul deelname in skoolsake ontneem word, kan dit lei tot kinders se onttrekking, verminderde befondsing en 'n afname in onderwyser-gehalte.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments

Comments


bottom of page