Solidariteit gekant teen wysigings aan BELA-wet
- 90.6 FM News
- Oct 15, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Solidariteit vra die publiek om volgende maand in Pretoria aan te sluit by sy versetoptrede teen wysigings aan die BELA-wet. Die vakbond asook AfriForum, is gekant teen die nuwe reëls wat staatsamptenare beheer oor skooltoelating en taalbeleid gee. Solidariteit se uitvoerende hoof, Dirk Hermann, doen 'n beroep op gemeenskappe om op 5 November by die optog aan te sluit en druk op die regering uit te oefen om die wysigings te heroorweeg.
Opmerkingen