Solidariteit oorweeg regstappe oor wanbestuur by pensioenfonds
- 90.6 FM News
- Jun 21, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die vakbond, Solidariteit, oorweeg regstappe weens kommer oor wanbestuur van die staatsdienspensioenfonds. Die doel is om die pensioenarisse se belange te beskerm te midde van vrese van nog wanbestuur en moontlike finansiële verliese. Kenners het by ‘n onlangse beraad kwessies uitgelig insluitende ongerymdhede in die verlede en nuwe wetgewing wat vroeë onttrekking van pensioengeld magtig. ‘n Woordvoerder van Solidariteit, Helgard Cronjé, is bekommerd die fonds, die grootste pensioenfonds in Afrika, kan verliese ly indien staatsdienswerkers hulle fondse voortydig onttrek.
Comments