Solidariteit pleit by politieke partye om NGV teen te staan in gesprekke oor RNE
- 90.6 FM News

- Jun 12, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Vakbond Solidariteit het politieke partye wat betrokke is by samesprekings vir 'n regering van nasionale eenheid, versoek om die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering teen te staan. Die oproep volg te midde van president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat hy die vakbond se hofaansoek teen die NGV gaan teenstaan. Anton van der Bijl van Solidariteit voer aan die NGV is ongrondwetlik, onbekostigbaar en sal toegang tot gehalte gesondheidsorg verminder. Van der Bijl beloof om die NGV in die hoogste hof uit te daag.




Comments