top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Solidariteit sê Nasionale Gesondheidsversekering is onbekostigbaar en onnodig

VAALDRIEHOEK - Solidariteit sê die Nasionale Gesondheidsversekering is onbekostigbaar, onprakties en onnodig. Die vakbond het sy kommentaar oor die NGV-wetsontwerp by die Nasionale Raad van Provinsies ingedien. Die wetsontwerp wil een regeringsfonds skep wat mediese dienste by staats- en privaat gesondheidsinstellings betaal. Dit kan 'n groot effek hê op die dienste wat mediese fondse toegelaat sal word om te dek. Die regering moes hoor oor die erkenning van die onvolhoubaarheid van sowel openbare as private gesondheidsektore, wat die integrasie van hulpbronne in ‘n verenigde nasionale stelsel vereis. Solidariteit se woordvoerder, Connie Mulder, sê ten spyte van die manier waarop dit voorgestel word, sal die NGV nie arm Suid-Afrikaners se lewens verbeter nie.

FOTO: (Solidariteit)


4 views0 comments

Comentarios


bottom of page