top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Solidariteit spreek skok uit oor Amsa moontlik 3,500 werknemers kan aflê

VEREENIGING - Die vakbond Solidariteit het sy skok uitgespreek oor ArcelorMittal SA se aankondiging dat hulle direksie en bestuur besluit het om sy drie langstaal-aanlegte te sluit. Die vakbond se Willie Venter sê in ‘n verklaring hierdie besluit raak die poste van ongeveer 3 500 deeltydse en permanente werknemers by die drie aanlegte by Newcastle, Vereeniging en by Arcelor Rail and Structures. Die redes wat vir hierdie drastiese besluit aangevoer word, sluit in Eskom se volgehoue beurtkrag, Transnet se hoë koste en die onbetroubaarheid, onvoorspelbaarheid en afname in plaaslike infrastruktuurontwikkeling. Venter sê tog is dié hindernisse niks nuut of onbekend aan Solidariteit of ander partye wat by Amsa betrokke is nie en daarom kan die tydsberekening van die skokaankondiging kan dus met reg bevraagteken word. Altesaam 3 500 werknemers en hulle gesinne gaan nou ʼn onseker Kersseisoen tegemoet. Hy sê ʼn konsultasieproses met kernpartye wat deur so ʼn besluit geraak word, insluitend vakbonde, moes ongetwyfeld so ʼn aankondiging voorafgegaan het. Dan kon die laaste weke van 2023 gebruik word om oplossings of alternatiewe te bespreek voor ʼn finale besluit daaroor geneem is en werknemers van die besluit in kennis gestel is.

FOTO: (OkayDeer)


3 views0 comments

Comentários


bottom of page