Solidariteit stel nuwe Wetsontwerp op Gesondheidsorg voor as alternatief vir NGV
- 90.6 FM News

- Jan 31
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Solidariteit Navorsingsinstituut het 'n nuwe Wetsontwerp op Gesondheidsorg in die Parlement ter tafel gelê as alternatief vir die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering, wat volgens hom, onbekostigbaar is. Partye soos die Vryheidsfront Plus en die DA ondersteun die alternatiewe plan. Die wetsontwerp het ten doel om mediese skemas bekostigbaar te maak, met planne op intreevlak wat ongeveer R300 per maand kos. Theuns du Buisson van Solidariteit sê, anders as die NGV, sal hierdie wetsontwerp nie staatmaak op verhoogde belasting nie, maar op werkgewer- en werknemerbydraes.



Comments