top of page
Search

Solidariteit waarsku teen groot werksverliese in eiendomsbedryf weens ras-regulasies

VAALDRIEHOEK - Die vakbond Solidariteit waarsku teen moontlike werksverliese in die eiendomsbedryf weens nuwe ras-regulasies. Volgens die vakbond vereis die regulasies ʼn vlak 8-telling vir swart ekonomiese bemagtiging en meer as 50% swart eienaarskap wat teen wit eiendomsagente kan diskrimineer. Solidariteit gaan die regulasies teenstaan om sy lede se werk te beskerm en sê kommer bestaan oor die uitwerking op indiensneming en die verlies aan ervaring en kennis in die bedryf. Johan Roos van Solidariteit sê sowat 30,000 eiendomsagente kan geraak word.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments
bottom of page