top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Sommige Emfuleni inwoners vir dae sonder water weens byenes by waterlekkasie

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus in Emfuleni sê inwoners van die Roodia- en Stefanoparkhoewes was etlike dae sonder water weens kwaai bye wat munisipale werkers verhinder het. Die VF Plus se Piet Smit het in ‘n verklaring gesê die party en munisipale werkers het verlede week vyf dae lank na die waterlekkasie gesoek wat die hoewes waterloos gelaat het. Smit sê die waterlekkasie is agter ʼn grensmuur opgespoor, maar die groep munisipale werkers het geweier om die lekkasie te herstel weens ʼn byenes langs die grensmuur. Die VF Plus moes inderhaas ʼn byeboer skakel om die koninginby te kom verwyder. Die lekkasie is vandeesweek eers herstel nadat die bye ʼn ander heenkome gevind het. Smit sê inwoners van die hoewes moes intussen water by watertrokke gaan haal wat op strategiese plekke geplaas is. Verskeie inwoners het ook hul boorgate beskikbaar gestel aan ander inwoners.

FOTO: (Verskaf)


7 views0 comments

Comments


bottom of page