top of page
Search

Sonkraggebruikers moet van April af vaste fooi aan Eskom betaal

VAALDRIEHOEK - Residensiële Eskom-kliënte van die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika wat hul eie sonkragstelsels het wat aan Eskom se netwerk gekoppel is, gaan waarskynlik vanaf 1 April ʼn vaste koste aan Eskom moet opdok. Eskom het goedkeuring by die nasionale energiereguleerder gekry om sy tariewe te herstruktureer sodat ʼn groter deel van die totale kragtariewe wat ʼn huishouding moet betaal, uit vaste koste bestaan. ʼn Ontleding van Eskom se tariewe wys dat huishoudings met of sonder Sonkragpanele op Eskom se Homeflex-tarief voortaan net meer as R556 per maand gaan betaal bloot om aan die kragnetwerk gekoppel te wees. Die samestelling van hoe hierdie tariewe gaan werk, is egter nog baie onduidelik.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page