Staking deur staatsamptenare kan bedrywighede by Binnelandse Sake en Sassa ontwrig.
- 90.6 FM News
- Oct 18, 2023
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Vereniging van Staatsamptenare het ‘n waarskuwing uitgereik oor dienste wat moontlik geraak kan word by verskeie staatsdepartemente en staatsagentskappe, insluitend Binnelandse Sake en die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, wanneer hulle vandag met hul salarisstaking begin. Die vereniging se woordvoerder, Reuben Maleka, sê die vakbond eis ‘n verhoging van 7,5% teenoor die 5% wat die werkgewer aanbied. Maleka sê 80% van werknemers by die Staats-Inligtingstegnologie-agentskap sal vanaf vandag nie beskikbaar wees nie.



Komentarze