top of page
Search

Suid-Afrika begin eerste pluimvee-inentingsveldtog

VAALDRIEHOEK - Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die land se heel eerste pluimvee-inentingsveldtog aangekondig as proaktiewe maatreël teen die uitbreking van voëlgriep. ʼn Inentingspermit is aan Astral Foods toegestaan wat die maatskappy toestemming gee om sowat 200,000 braaihoenders in te ent. Dis ongeveer 5% van al Astral se aanteelhoenders met ʼn geraamde waarde van R35-miljoen. Steenhuisen sê die veldtog is ʼn noodsaaklike stap om immuniteit te versterk en vernietigende ekonomiese verliese te voorkom. In 2023 is miljoene voëls uitgedun wat verskaffers en verbruikers geraak het.

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page