Suid-Afrika onder 100 lande wat foutiewe kankermedikasie ontvang het
- 90.6 FM News
- Jun 27
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika is onder die 100 lande wat foutiewe kankermedikasie ontvang het wat moontlik die dood van sommige pasiënte veroorsaak het. ‘n Studie deur die Universiteit van Notre Dame het aan die lig gebring dat een-vyfde van die kankermedikasie wat in vier Afrikalande getoets is, nie aan gehaltestandaarde voldoen het nie.Volgens die verslag het Suid-Afrika tussen 2018 en 2023, 850 pakkies chemoterapie-middels met te min aktiewe of te giftige farmaseutiese bestanddele ontvang. Die verslag het opgemerk dat die medikasie uit Indië verskeep is.
Die Departement van Gesondheid het bevestig dat die middels gebruik is om kanker te behandel, maar dit bly onduidelik of enige pasiënte gesterf het terwyl hulle behandeling ontvang het.
Comments