VAALDRIEHOEK - Altesaam 133 ondernemings het hulle deure in Julie gesluit wat die jaar-tot-datum-totaal op 892 likwidasies te staan bring. Volgens Statistieke SA is die sektore wat die hardste getref is finansies, versekering, eiendomme, sakedienste, handel, spyseniering en akkommodasie. Ten spyte van die sluitings was daar minder sluitings in 2024 as in 2023 met ‘n jaar-tot-jaar-daling van vyf-persent in Julie. Volgens die hoof opnamestatistikus, Onica Mushwana, kan die sluitings tot aansienlike werksverliese lei.
top of page
bottom of page
Comentarios