top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Suid-Afrika verloor 67 000 poste in die eerste kwartaal van 2024

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika het in die eerste kwartaal van vanjaar 67,000 werksgeleenthede in die formele, nie-landbousektor verloor. Volgens die Kwartaallikse-indiensnemingstatistieke-opname wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, het die algehele indiensneming in dié sektor tot 10,7-miljoen gedaal. Die handel- en gemeenskapsdiens-bedrywe het die hoogste aantal werksverliese getoon, gevolg deur die sakedienste- en mynbedryf. Die vervaardigings-, vervoer- en konstruksie-bedrywe het werksgeleenthede bygevoeg. Basiese salarisse en lone betaal aan werknemers, het van Maart 2023 tot Maart vanjaar met 5% gestyg.

FOTO: (Verskaf)


6 views0 comments

Comments


bottom of page