top of page
Search

Suid-Afrikaanse ekonomie groei met 0,4% in tweede kwartaal van 2024

Writer: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die tweede kwartaal met 0,4% gegroei, na geen groei in die eerste kwartaal nie. Die finansies-, eiendom- en sakedienstebedrywe het met 1,3% gegroei, gevolg deur die handel-, gasvryheids- en verblyf-sektore wat groei van 1,2% getoon het. Die vervaardigingsbedryf het met 1,1% verbeter, en die krag-, gas- en waterbedrywe met 3,1%. Dit was grootliks te danke aan 'n styging in kragverskaffing en -verbruik, asook waterverbruik. Die vervoer-, bergings- en kommunikasiebedrywe asook landbou, bosbou en visserye het met meer as 2% gedaal.


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page