VAALDRIEHOEK - Groot Suid-Afrikaanse banke is bekommerd omdat hoё rentekoerse huiskopers bedreig. Volgens ABSA het die aantal transaksies vir residensiële eiendomme met 30% gedaal aangesien talle voornemende huiskopers dit moeilik vind om ʼn huislening te bekom. Daarbenewens het sommige huiseienaars van hulle eiendom ontslae geraak weens kwessies met bekostigbaarheid. ʼn Woordvoerder van ABSA, Nondumiso Ncapai, het op ‘n spitsberaad van die bedryf gesê die druk op verbruikers benadeel die eiendomsmark.
top of page
bottom of page
Comments