Suid-Afrikaanse kiesers word gewaarsku oor waninligting ten opsigte van volgende jaar se verkiesing.
- 90.6 FM News

- Dec 28, 2023
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaanse kiesers word gewaarsku teen digitale waninligting terwyl die land voorberei vir volgende jaar se verkiesing. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie is bekommerd as dit nie in bedwang gehou word nie, kan dit die geloofwaardigheid van die verkiesing ondermyn. Daar is kommer oor Kunsmatige Intelligensie-vervaardigde, vals video’s wat die gesigte en stemme bevat van hoë-profiel indiwidue met politieke agendas. Verkiesingsbeampte Mawethu Mosery maan kiesers om op hulle hoede te wees.





Comments