Suid-Afrikaners sal binnekort nie hul bankkaarte by tolhekke kan gebruik nie
- 90.6 FM News
- Jan 28
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners sal binnekort nie hul bankkaarte by tolhekke kan gebruik nie. Business Tech berig die stap kom omdat banke en tolkonsessiehouers probeer om kaartkloning te bekamp. Nedbank het onlangs aangekondig dat mense nie vanaf 20 Januarie hul debietkaarte by tolhekke sal kan gebruik nie. Die bank het gesê sy besluit volg op ‘n kommerwekkende toename in debietkaartbedrog by tolhekke. FNB, in vennootskap met Visa, het reeds begin om kontaklose betaaltegnologie by uitgesoekte tolhekke uit te voer.
ความคิดเห็น