top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

TLU sê daar was vanjaar reeds 104 plaasaanvalle en 32 moorde

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus is omgekrap oor adjunkpresident Paul Mashatile se vae beloftes om die kommerwekkende plaasaanvalle aan te spreek. Volgens die statistieke van die landbouliggaam, TLU, was daar vanjaar 104 aanvalle en 32 moorde. Human Rights Watch het ook kennis geneem van die regering se gebrek aan ingryping met plaasaanvalle sedert 1994. ʼn Woordvoerder van die VF Plus, Fanie du Toit, sê Mashatile se reaksie in die Nasionale Raad van Provinsies het hoofsaaklik daarop gefokus om verskeie misdade aan te spreek, insluitende onwettige mynbou, maar hy was vaag met wat ten opsigte van plaasaanvalle beoog word. Hy doen ‘n beroep op landelike gemeenskappe om hulself te bemagtig om plaasaanvalle te bekamp.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments

Comments


bottom of page