SASOLBURG - Die Pretoriase Hooggeregshof het Transnet gelas om vertroulike inligting met Sasol te deel. Dit bevat kommersieel-sensitiewe inligting, insluitend data oor die koste, inkomste en hulpbronne wat verband hou met die bedryf van sy petroleum-pypleidings, en veral die ruolie-pyplyn van Durban na Sasolburg. Die dokumente sal Sasol help in sy poging om 'n eis van R815-miljoen teen hom te verdedig. ‘n Groot hoeveelheid dokumente moet binne 15 dae aan Sasol beskikbaar gestel word.
ความคิดเห็น