top of page
Search

TV aanbieder in hof saam met twee ander vir vermeende swendelary by Vereeniging staalmaatskappy

VEREENIGING - Die eienaar van Coffee Excellence in Vereeniging, haar man en nog 'n man moet aan die einde van volgende maand na die Handelsmisdaadhof in Pretoria terugkeer na hulle eerste verskyning op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery. Die televisie-aanbieder van die gewilde KykNet leefstylprogram Net Koffie, Henriёtte Marx, haar man, Andries, en 'n sakevennoot van hulle, Paul McIntyre, word daarvan aangekla dat hulle oor ʼn tydperk van twee jaar meer as R30-miljoen by Andries se vorige werkgewer, die Vereeniging-staalmaatskappy Yellow Star, geswendel het. Al drie is borgtog van R20,000 toegestaan.

FOTO: (Netwerk24)


22 views0 comments

Commenti


bottom of page