top of page
Search

TV aanbieder van Vereeniging se maatskappy voorlopig gelikwideer

VEREENIGING - Die maatskappy van die voormalige aanbieder van die kykNET-reeks ‘Net Koffie’, Henriëtte Marx, en haar man, Dries Marx, DHM Traders, in die Vaaldriehoek is voorlopig in die Johannesburgse hooggeregshof gelikwideer na bewerings van bedrog ter waarde van R32-miljoen. Sakeman Hanno van Dyk het die likwidasie-aansoek ingedien nadat sy pogings om R6 miljoen se skuld te verhaal, misluk het. Die Marx-egpaar het tot 25 Oktober om te reageer voordat die likwidasie finaal gemaak word. Hulle verskyn saam met mede-beskuldigde, Paul McIntyre, op 16 September in die hof vir kommersiële misdrywe in Pretoria op aanklagte van diefstal, bedrog, en geldwassery. Die klaer, Yellow Star Manufacturing, beweer dat Dries Marx as besturende direkteur fondse na hul eie maatskappye oorbetaal het. Die totale bedrag in dispuut is R32-miljoen. Die saak sal waarskynlik eers in 2025 verhoor word.


9 views0 comments

댓글


bottom of page