top of page
Search

Twee mans gister geskiet by ‘n vulstasie in Meyerton

MEYERTON - CERT-SA sê twee mans is geskiet tydens 'n skietvoorval by 'n vulstasie op Johan Le Rouxweg in Meyerton, Gauteng. Die organisasie sê gisteroggend omstreeks 11:13 is hul Vaal-bemanning na die toneel ontbied. Met hul aankoms het hulle gevind dat twee manlike pasiënte geskiet is. Ondanks al hul pogings het een van die mans ongelukkig aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Die ander pasiënt is op die toneel behandel en is deur ER24 na 'n nabygeleë mediese fasiliteit geneem. CERT-SA sê die toneel is aan die SAPD oorhandig en sal ondersoek word. Die organisasie het ER24, Meyerton SAPD, Midvaal Verkeersdepartement, Afri Guard en alle plaaslike GPF bedank vir die bystand op die toneel.

FOTOS: (CERT-SA)

ree

ree

ree

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page