top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Twee verdagtes in Sasolburg-hof vir die besit van ‘n gekaapte vragmotor

DENEYSVILLE - Die Sasolburg SAPD sê twee verdagtes, tussen die ouderdom van 30 en 38, sou voor die Sasolburg-landdroshof verskyn nadat hulle in Refengkhotso, Deneysville, vir die besit van 'n gekaapte vragmotor in hegtenis geneem is. Polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani, het in 'n verklaring gesê verlede week Woensdag, 18 Oktober 2023, het die Zamdela-voertuigmisdaadondersoekeenheid (VCIU) 'n wenk ontvang dat daar met 'n vragmotor gepeuter word by 'n kerk in Refengkhotso. Die lede het addisionale ondersteuning versoek en die Fezile Dabi Distrik Trio Taakspan, Highway Patrol Relief B en Deneysville speurders het vinnig gereageer. Met aankoms op die kerkperseel het lede twee mans gevind wat besig was om met die vragmotor te peuter. Toe die verdagtes die polisie gewaar het hulle probeer vlug, maar hulle kon nie ontsnap nie. Rani sê 'n voorlopige ondersoek toon dat die vragmotor op Dinsdag, 17 Oktober 2023, in Boksburg-Noord gekaap is. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en die vragmotor is gekonfiskeer.

FOTO: (SAPD)


3 views0 comments

Comments


bottom of page