top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Vaal motoriste aangemoedig om reise op die N3 eerder uit te stel

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Gautengse motoriste wat beplan om vandag of more op die N3 tolpad te reis, word aangemoedig om te probeer om hul reisplanne eerder uit te stel. Die N3-tolkonsessie sê swaar sneeuval is in Van Reenenspas in KwaZulu-Natal aangemeld wat bydra tot belemmerde sig en gevaarlike bestuurstoestande. Ysige toestande, ligte sneeu, reën en temperature rondom vriespunt raak dele van die N3-tolpad tussen KZN, die Vrystaat en Gauteng. Die N3-tolkonsessie se bedryfsbestuurder, Thania Dhoogra, sê motoriste word aangeraai om, indien moontlik, hulle reisplanne na die gebied uit te stel weens die gevaarlike toestande.

FOTO: (N3TC)


5 views0 comments

コメント


bottom of page