top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Vaaldriehoekers aangemoedig om by AfriForum se veiligheidstrukture aan te sluit

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse inwoners word aangemoedig om by die burgerregte organisasie AfriForum se veiligheidstrukture aan te sluit. Die organisasie het gewys op op die landwye en tussen-provinsiale doeltreffendheid van sy netwerk. Dit volg nadat die organisasie se buurwag vier vermeende plaasaanvallers aangekeer en goedere herwin het wat vroeër die week tydens ‘n aanval by Brits in Noordwes gebuit is. Jacques Broodryk van AfriForum sê gesteelde vuurwapens is teruggevind en die gesteelde voertuig is in Pretoria-Wes opgespoor.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments

Comments


bottom of page