top of page
Search

Vaaldriehoekers kan kommentaar lewer oor minimum loon vir 2025

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse inwoners wat belange het in die nasionale minimumloon, word uitgenooi om hulle voorstelle oor moontlike toekomstige aanpassings in te dien. Die huidige minimumloon wat in Februarie aangekondig is, is R27,58 per uur. Die voorsitter van die Nasionale Minimumloonkommissie, Imraan Valodia, sê geskrewe voorleggings en die kommissie se verslag sal aan die minister van Arbeid en Indiensneming, Nomakosazhana Meth, gestuur word om die minimumloon vir 2025 te bepaal. Die sluitingsdatum vir voorleggings is 30 September.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments

Comments

Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.
bottom of page