VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark SAPD het die afgelope Vrydag, 1 Maart, 'n apteker in Vanderbijlpark gearresteer vir die beweerde verkoop van skedule-5 medikasie sonder die behoorlike magtiging. Polisiewoordvoerder, kolonel Dimakatso Nevhuhulwi sê plaaslike owerhede het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Aptekersraad (SABR) en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid (SAHPRA) opgetree na inligting ontvang is rakende 'n apteek wat hoesmengsels in grootmaat aan jongmense verkoop. Central News berig, tydens die operasie het die polisie 'n man onderskep wat die apteek verlaat het met ‘n verdagte hoeveelheid medikasie in sy besit. Daarna is die perseel ondersoek wat gelei het tot die apteker se arrestasie omdat hy nie die toepaslike rekords vir skedule-5 middels kon verkaf nie. Die verdagte sou na verwagting Maandag, 4 Maart in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn. Skedule-5 medikasie vereis streng toesig weens hul sterkte en potensiaal vir misbruik, wat die onwettige verkoop daarvan 'n ernstige bedreiging vir openbare gesondheid en veiligheid maak.
top of page
Search
Recent Posts
See AllPARYS - Two men, aged 22 and 29, appeared in the Parys Magistrate’s Court yesterday, January 14, following a violent farm attack in...
10
VAALDRIEHOEK - Skole het vandag geopen te midde die implementering van die omstrede Bela-wetgewing. Die vakbond Solidariteit sê skole en...
00
VAAL TRIANGLE - Gauteng Provincial Legislature's Community Safety Committee has urged immediate action on school safety as schools reopen...
00
bottom of page
Comments