top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Vanderbijlpark-inwoners gaan die hele Sondag sonder krag wees

VANDERBIJLPARK - Vanderbijlpark-inwoners sal vir die hele Sondag hierdie naweek sonder krag wees. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het in 'n kennisgewing gesê hulle het 'n beplande kragtoevoeronderbreking geskeduleer vir Sondag, 15 Oktober 2023, vanaf 08:00 die oggend tot 17:00 die middag. Emfuleni sê dit is weens nodige herstelwerk van 88kV-isolators by die Munisipale Substasie. Die munisipaliteit sê geen waarborg kan gegee word dat toevoer af sal bly vir die duur van die onderbreking nie en daarom word geaffekteerde klante aangeraai om altyd alle elektriese toestelle as LEWENDIG te hanteer. ELM het om verskoning gevra vir die ongerief.

FOTO: (Verskaf)


10 views0 comments

Comentarios


bottom of page