top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Vanderbijlpark SAPD gereed om volgende week ‘n vreedsame verkiesing te verseker

VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark SAPD sê sy lede is gereed om enige kriminele aktiwiteite volgende week Woensdag, op Verkiesingsdag, hok te slaan. Polisiewoordvoerder, sers Sabelo Sigcu, het in 'n verklaring wat aan 90.6 FM News gestuur is gesê dat die Vanderbiljpark SAPD gister, 22 Mei 2024, 'n Stasie-lesing gehou het waardeur brandende kwessies bespreek is om misdaad in Vanderbiljpark en Bophelong gebiede uit te roei. Sigcu sê die plaaslike polisie het hul gereedheid vir die komende Nasionale Verkiesings beklemtoon, met die doel om die mees fundamentele reg van landsburgers, ‘n vrye en regverdige verkiesing, te beskerm. Tydens die stasielesing het O T, Mokoena, W/O M. Mjatu, sers P. Setlhatlole en sers F. Wiso sertifikate van waardering ontvang vir die buitengewone uitvoering van hul pligte. Die waarnemende stasiebevelvoerder, kolonel Mashele, het ook dankbaarheid teenoor die benoemde lede uitgespreek en hulle aangemoedig om aan te hou om die voorbeeld te stel. Kolonel Mashele het die hele Vanderbiljpark SAPD-lede bedank vir die ondersteuning en toewyding wat hulle aan hom en die gemeenskap van Vanderbiljpark en Bophelong gebiede gee, en het sy oop-deur-beleid beklemtoon het terwyl hy steeds as stasiebevelvoerder instaan.

FOTO: (Vanderbijlpark SAPD)


3 views0 comments

Comments


bottom of page