VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark SAPD het hulp van die gemeenskap gevra om getuies te vind van 'n noodlottige ongeluk wat in September verlede jaar by die kruising van die R57 en R42 plaasgevind het. Polisiewoordvoerder, ao Sabelo Sigcu, het in 'n verklaring gesê Vrydag, 8 September 2023, omstreeks 21:00, was 'n swart Geely en 'n metaalkleur Chery Tiggo Pro 4 by die R57-R42 kruising in ‘n botsing betrokke. Sigcu sê ’n 22-jarige man en 17-jarige vrou het hul lewens in die ongeluk verloor, maar die insittendes van die Chery-voertuig het oorleef. Sigcu sê die polisie is op soek na enigiemand wat die ongeluk gesien het om na vore te kom met enige inligting wat kan lei tot werkbare resultate van die dossier wat geopen is. Enigiemand met inligting word aangemoedig om sersant Phake by 066 569 1305 te kontak.
FOTO: (Google Maps)
Comentários