top of page
Search

Verbeterde energiebeskikbaarheid dra by tot 54-dae sonder beurtkrag

VAALDRIEHOEK - Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het aangekondig Suid-Afrika is reeds 54-dae sonder beurtkrag weens 'n verbetering in die energiebeskikbaarheidsfaktor. Dit het met nege-persentasiepunte verbeter tot 60,7%. Ramokgopa bevestig die onbeplande kapasiteitsverliesfaktor het van 35%, afgeneem tot 28%. Hy skryf die verbetering toe aan aggressiewe instandhoudingspogings, aangesien Eskom 'n drie-jaar-hoogtepunt in beplande instandhoudingswerk bereik het terwyl eenhede operasioneel gehou is.

FOTO: (Verskaf)


 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page